Seks

Hierdie artikel handel oor menslike geslagsomgang. Vir seks by diere, sien Paring; vir die Afrikaanse musiekgroep, sien Die Seks.

Die term seks (afgelei van die Latynse sexus "geslag") verwys na die praktiese uitoefening van seksualiteit. In die algemene taalgebruik sluit die term seksuele handelings tussen twee of meer persone in, veral seksuele omgang en ander vergelykbare seksuele praktyke – in bepaalde gevalle ook masturbasie. Dit is ook onder verskeie ander name bekend, soos geslagsgemeenskap of koïtus.

Seks vervul ’n aantal verskillende funksies: Dit bevredig die seksdrang (libido), bewerkstellig voortplanting en speel ook ’n sentrale rol in liefdesverhoudings, waar dit 'n belangrike vorm van sosiale interaksie verteenwoordig en gevoelens van teerheid, geneentheid en liefde tot uitdrukking bring.

In die engste sin beteken seks die penetrasie van die vroulike vagina met die manlike penis. Dit is ook bekend as "vaginale seks".[1][2] Ander vorme van seks waarby penetrasie betrokke is, sluit in anale seks (penetrasie van die anus met die penis), orale seks (penetrasie van die mond met die penis of orale penetrasie van die vagina), vingerseks (penetrasie met die vingers) en penetrasie met behulp van ’n dildo.[3][4][5] Omdat mense die gevaar loop om seksueel oordraagbare infeksies op te doen tydens seks,[6][7] word veilige seks algemeen aanbeveel.[6]

Verskeie wette bestaan in talle lande teen sekere seksdade, soos bloedskande, seks met minderjariges, prostitusie, bestialiteit, sodomie, homoseksuele seks, en voor- en buitehuwelikse seks. Godsdienssienings speel ook ’n rol in persoonlike besluite oor seksuele aktiwiteit, soos besluite oor maagdelikheid.[8] Hoewel sienings van seksualiteit baie verskil van godsdiens tot godsdiens, is daar sekere dade wat algemeen veroordeel word, soos owerspel.

Seksuele handelings is ook onderhewig aan die reg op seksuele selfbestemming, en in die meeste beskaafde lande word hierdie reg deur wette beskerm wat ’n straf oplê vir mense wat seks sonder instemming, soos verkragting, uitoefen of probeer uitoefen.

  1. Wayne Weiten; Margaret A. Lloyd; Dana S. Dunn; Elizabeth Yost Hammer (2008). Psychology Applied to Modern Life: Adjustment in the 21st Century. Cengage Learning. pp. 422–423. ISBN 978-0495553397. Besoek op 5 Januarie 2012.
  2. Sandra Alters; Wendy Schiff (2012). Essential Concepts for Healthy Living. Jones & Bartlett. pp. 180–181. ISBN 978-1449630621. Besoek op 31 Augustus 2013.
  3. "Sexual Intercourse" (in Engels). Discovery.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Augustus 2010. Besoek op 12 Januarie 2008.
  4. Nilamadhab Kar; Gopal Chandra Kar (2005). Comprehensive Textbook of Sexual Medicine. Jaypee Brothers Publishers. pp. 107–112. ISBN 978-8180614057. Besoek op 4 September 2012.[dooie skakel]
  5. Virginia Rutter; Pepper Schwartz (2011). The Gender of Sexuality: Exploring Sexual Possibilities. Rowman & Littlefield. p. 76. ISBN 978-0742570054. Besoek op 21 Oktober 2015.
  6. 6,0 6,1 "Global strategy for the prevention and control of sexually transmitted infections: 2006–2015. Breaking the chain of transmission" (PDF). World Health Organization. 2007. Besoek op 26 November 2011.
  7. "Sexually Transmitted Disease Surveillance" (PDF). Centers for Disease Control and Prevention (CDC). 2008. Besoek op 6 Desember 2011. sien ook Fact Sheet
  8. Bryan Strong; Christine DeVault; Theodore F. Cohen (2010). The Marriage and Family Experience: Intimate Relationship in a Changing Society. Cengage Learning. p. 186. ISBN 978-0-534-62425-5. Besoek op 8 Oktober 2011.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search